top of page
d6fab7_bb6dfb5df28b4edb9e0e041a0b7272c8~mv2_edited.jpg

eUni is vir gewone mense, wat ‘n buitengewone passie het om die Bybel beter te verstaan. eUni is 'n aanlynonderrigplatform, wat uit ‘n verskeidenheid modules bestaan, wat deelnemers toelaat om teen hul eie tempo te leer. Tans is dit een jaar, wat uit vier kwartale bestaan. Elke kwartaal kry jy vier seminare. Elke seminaar bestaan uit vier episodes. Elke episode is ‘n video van ongeveer 25 minute. eUni bied hierdie videosessie asook ‘n eenmalige uitdeelstuk om jou te help om jou vaardighede en kennis rakende die Bybel en die wêreld van die Bybel uit te brei.

 

Ons fokus vir die eerste jaar is:

 

Kwartaal 1: ONTDEK DIE WÊRELD VAN DIE BYBEL

 

Kwartaal 2: OP REIS DEUR MARKUS, DIE VROEGSTE EVANGELIE

 

Kwartaal 3: OP REIS DEUR MATTEUS, DIE LERENDE EVANGELIE VAN DIE VROEË KERK

 

Kwartaal 4: OP REIS DEUR LUKAS, DIE AARDSE REISVERHAAL VAN JESUS

 

Koste: $40 per kwartaal.

Registreer hieronder.

Eerste byeenkoms van die 2de kwartaal, Woensdag 24 April 2024 om 18:30.

By die kerkgebou, 44 Bakewell Drive, Port Kennedy.

bottom of page